Local newsNews
Twintig jaar vir vriendin se moord
Dit het uit die ondersoek geblyk dat daar rusie tussen die oorledene en Shabalala die aand van haar dood was en dat hy daarna op die vlug geslaan het.
Billy Mduduzi Shabalala (39) is in die Hoë Hof in Parys tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin, die 24-jarige Mphakiseng Selina Motaung in Oktober 2023.
Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê ‘n lid van die gemeenskap het ‘n klagte by die polisie gelê nadat Motaung nie deur die bure gesien is, en hul opgemerk het dat haar kind nie soos gewoonlik versorg is nie.
Die polisie het gaan ondersoek instel en afgekom op bloed in die slaapkamer. Haar liggaam is met veelvuldige op die bed onder ‘n hoop klere en ‘n kombers gekry.
Dit het uit die ondersoek geblyk dat daar rusie tussen die oorledene en Shabalala die aand van haar dood was en dat hy daarna op die vlug geslaan het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.