Ma en seun verloor als in brand
Dankie vir elkeen wat op die toneel hulp verleen het.

Net die klere aan hul lywe is al wat ‘n ma en seun oor het nadat alles wat hulle besit vanmiddag in ‘n brand verwoes is.
Meisie van Rooyen vertel dat sy en haar man, Corrie, en hul dogter, Antoinette Smit, en die 14-jarige Morné, gaan visvang het vir die dag toe mense op die woonperseel waar Antoinette en Morné gebly het, laat weet het dat die motorhuis brand. Alles in die motorhuis is in ‘n oogwink vernietig.


Antoinette en haar seun het tydelik ‘n heenkome, maar hulp met kruideniersware, linne, breekgoed, seunsklere grootte 14-15 jaar en nr. 10/11 skoene, asook damesklere in ‘n 36-grootte en nr 6/7 damesskoene sal baie help. Mense wat enige skenkings wil maak kan dit afgee by Meisie by Noorderstraat 82A of haar skakel by 079 137 5140.
“Parys se mense is ongelooflik.” het Meisie gesê na die brand, en sê dat hulle baie dankbaar is vir die bure se hulp, die Ngwathe brandweer, Parys Sekuriteit en WeCare, asook mense wat op enige manier hulp op die toneel verleen het. “Daar was eenvoudig te veel mense om elkeen by die naam te kan bedank.



