Local newsNews

Voormalige Ngwathe munisipale bestuurder sterf

Die begrafnisreëlings is nog nie bekendgemaak nie.

Mnr. Bruce Kannemeyer wat die pos as munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit tussen 2017 en 2022 beklee het, is oor die naweek op 60-jarige ouderdom aan kanker oorlede.

Mnr. Kannemeyer wat in Mosselbaai gebore is, was destyds die eerste munisipale bestuurder vir Ngwathe om permanent in die posisie aangestel te word, nadat die munisipaliteit minstens sewe waarnemende munispale bestuurders in die tien jaar voor sy aanstelling sien kom en gaan het.

Hy was voor sy aanstelling by die Ngwathe munisipaliteit, ook munisipale bestuurder van die Phumelela Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat, asook munisipale bestuurder by die Stellenbosch Munisipaliteit (2007-2010) en die OR Tambo Distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap.

Mnr. Kannemeyer was ook ‘n voormalige raadslid en uitvoerende komiteelid van die Paarl-munisipaliteit.

Hy het aanvanklik sy beroepsloopbaan in die tagtigerjare as onderwyder in die Boland begin, en het ook ‘n groot rol gespeel in die stigting van die vakbond Sadtu.

In 1999 het hy ANC-LP geword

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button