‘n Tassie vol hoop vir duisende graad 1 leerders

In die tassies is onder meer ‘n pennesakkie, grys potlode, inkleurpotlode, uitdraaikryte, ‘n skêr, uitveër, gom, liniaal, witbordjie en witbordpenne.

Die plaaslike tak van Solidariteit Helpende Hand kon danksy die landwye Skooltassie-projek weer vanjaar uitreik na graad een leerders in die gemeenskap om hulle op hul eerste dag van die nuwe skooljaar te verwelkom met ‘n splinternuwe skooltassie met al
die nodige skryfbehoeftes.

Vanjaar was daar selfs ‘n kosblikkie by elkeen van die sewentien skooltassies wat by Parys Christelike Skool (PCS) en die Primêre Skool Parys onderskeidelik oorhandig is.

Sedert die skooltassieprojek in 2023 geloods is om te help voorsien in spesifiek die behoeftes van graad een leerders, is daar alreeds meer as 55 000 kinders gehelp met ten volle toegeruste skooltasse.

“‘n Behoeftebepaling word reeds die vorige jaar onder graad R leerders gedoen om te bepaal waar nood is. So word nuwe
graad 1’s dan in staat gestel om hul akademiese reis op gelyke voet met hul skoolmaats te begin,” sê Danelle du Plessis, projek-organiseerder van Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek.

Volgens Hannes Noeth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, is dié projek een van die duurste, maar ook belangrikste projekte omdat kinders die toekoms van ons land is, en dit almal se verantwoordelikheid is om hulle van vroeg af by te staan en te
leer van omgee vir mekaar.

In die tassies is onder meer ‘n pennesakkie, grys potlode, inkleurpotlode, uitdraaikryte, ‘n skêr, uitveër, gom, liniaal, witbordjie en witbordpenne.

Individue en besighede wat by die Skooltassie-projek betrokke wil raak, kan die webwerf www.tassie.co.za besoek vir meer
inligting of skakel Matty Last by die plaaslike Solidariteit-tak vir die rekeningbesonderhede as jy ‘n geldelike bydrae tot die projek wil maak.

Saam kan ons kinders in die gemeenskap help nie net met die Skooltassie-projek nie, maar waar ookal daar nood is.

Lede van die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak met die oorhandiging van die skooltasse by Parys Christelike Skool.
Skooltassies is ook by die Primêre skool Parys oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button