Local newsNews

Polisie sê oor ondersoek na video oor beweerde aanranding

'n Beroep is ook op die gemeenskap gedoen om nie onbevestigde inligting te versprei wat die integriteit van die ondersoek kan benadeel nie. 

Die polisie het vandeesweek gereageer op ‘n video wat op sosiale media versprei is waarin ‘n vrou, wat uitgebeeld word as ‘n oënskynlike slagoffer van ‘n saak van huishoudelike geweld, na bewering aangerand is deur ‘n vroulike polisiebeampte by die Heidedal polisiestasie.

Die polisie sê in ‘n amptelike verklaring dat die aantygings in ‘n baie ernstige lig gesien word.

Die saak word tans deur die polisie se Onafhanklike Ondersoek Direktoraat ondersoek, en interne ondersoeke is ook aan die gang rondom die omstandighede van die betrokke voorval.

Die verklaring lees dat die bestuur van die polisie in die Vrystaat kennis neem van die wekroep van die betrokke individu en die breër gemeenskap, wat hul kommer uitgespreek het oor die voorval, en eis dat opgetree word teen lede betrokke by die voorval.

Daar is verder gesê dat hoewel daar begrip is vir die kommer wat uitgespreek is, bepaalde wets- en prosdure riglyne in terme van arbeidswetgewing gevolg moet word. Dit is ook beklemtoon dat stappe eers geneem kan word sodra die ondersoeke afgehandel is.

Die polisie se provinsiale kommissaris in die Vrystaat het beklemtoon dat geen vorm van wangedrag of misbruik van mag deur polisielede geduld sal word nie, maar dat dit eweneens belangrik is om prosesse en die beginsels van billikheid te respekteer sodat  alle partye betrokke die geleentheid gegee sal word om hul kant van die saak te stel.

“Om die volle konteks te kan verstaan, insluitend gebeure wat moontlik die insident vasgevang op die video, vooraf kon gaan, is belangrik om ‘n volledige ondersoek te kan doen,” is gesê.

Die verklaring sê dat die polisie verbind bly tot verantwoordbaarheid, deursigtigheid en geregtigheid. Die publiek is verseker dat die voorval met die nodige erns wat dit verdien hanteer sal word met die nodig aksie gebaseer op bevindinge van die ondersoek.

‘n Beroep is ook op die gemeenskap gedoen om nie onbevestigde inligting te versprei wat die integriteit van die ondersoek kan benadeel nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button