Hier’s die nuwe minimum lone vir huis- en plaaswerkers
Die nuwe minimum loontariewe geld vanaf 1 Maart.
Die nuwe minimum loontarief wat jy vanaf 1 Maart vir algemene werkers, plaaswerkers en huiswerkers sal moet betaal is R28,79 per uur. Meeste ander sektore word hierby ingesluit. Die verhoging is 4.4%
plus 1.5% . Die huidige tarief is R27,58.
Neem in ag dat die nuwe minimum tarief nie vervoer, etes, huur of enige ander voordele insluit nie.
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes maak nie voorsiening vir etes en vervoer nie. Werknemers is self hiervoor verantwoordelik.
Daar word spesifiek ook melding gemaak dat die werknemer se ure nie eensydig verminder mag word met die verhoging van loontariewe nie.
Elke verandering wat jy as werkgewer wil aanbring moet plaasvind met ‘n vergadering met jou werknemers, en ‘n geskrewe ooreenkoms wat deur beide partye geteken moet word.
Die primeêre oorwegings in die besluitneming van die nuwe loon was:
• Inflasie en lewenskostes
• Bruto binnelandse produk
• Loon onderhandelings en kollektiewe bedingings
• Produktiwiteit
• Werkgewers lewensvatbaarheid
• Inpak op indiensneming
• Sowel as openbare insette
Die nuwe minimum loontariewe is reeds in die staatskoerant gepubliseer.
(Inligting verskaf en saamgestel met dank aan Dynamic Labour Solutions. As jy vrae het skakel Annatjie by 083 2444 251.)



