Local newsNews

Koffie-plaasvervangers slaan ook anker in die vleiland

Die blomme wat orals op ons sypaadjies, parkies en versteurde areas staan het weer eens tussen die foto's van die Parys-vleiland beland.

Cichorium Intybus Chicory is nog ‘n voorbeeld van hoe maklik tuinplante kan ontsnap en indringers raak, sê Danie Venter.wat alreeds verskeie plantspesies in die Parys vleiland aangeteken het.Chicory is merendeels afkomstig van Europa en Wes-Asia waar dit vir verskeie doeleindes van kos en veevoere gebruik is. Sodoende het die plante hulle weg gevind na Suid-Afrika.

Een van die mees bekende gebruike van chicory is dat die wortels ‘n plaasvervanger vir koffie is – tot so ‘n mate dat die oorgrote meerderheid van bekende kitskoffie handelsmerke meer chicory as egte koffie bevat. Omtrent alles van die plant is bruikbaar, maar dit is bietjie aan die bitter kant wat smaak betref, sê Danie.

Foto: Danie Venter

Ons befaamde Boscia albitrunca, of te wel witgat boom is nog ‘n koffie plaasvervanger.. Dis nou nie iets wat enigsins in die vleiland te wagte sal wees nie, sê Danie, omdat hulle floreer in ons droë woestyngebiede en klipperige areas. Nietemin ‘n fasinerende boom wat wel in die area groei.

Daar word soms na die boom verwys as die ‘tree of life’ omdat dit dien as voedsel en skuiling vir menige spesies insluitend mense in gebiede waar water skaars is. Die bessies en die wortels is bruikbaar. Die wortels kan as ‘n pap gebruik word, maar die bekendste gebruik is om die wortels te rooster en te maal, en as koffie te gebruik. Ouer gardes het die boom se wortels ook vir verskeie medisinale gebruike ingespan.

Wat die boom verder indrukwekkend maak is dat hulle van die diepste wortelstelsels het van alle bome in die wêreld met party wat gereken word tussen 65 – 70m af kan strek agter water aan wat hulle in staat stel om te oorleef in sulke strawwe klimaatsomstandighede.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button