Van links is Dolla Beyers, Johan van Coller, Linda Engelbrecht, Pieter Prinsloo, Kiets Nothnagel, Hennie Stander, Anza van den Berg, Manda Olckers, Gert Smit, Trudie Cronjè, Danie Cronjè, Kerry Human, Janie Ligthelm, Drinie Alant, en Andrè Maree.
Dit was ‘n heerlike ‘weer ontmoet’ vir die 1975-matriekklas van Hoërskool Parys, toe daar die naweek op die walle van die Vaalrivier by Breathe River Retreat, bymekaar gekom is om ou vriendskapsbande na 50 jaar weer op te tel en te verstewig.
Klasmaats het van heinde en ver gekom vir die reünie – van die Kaap, Mpumalanga en die land vol.
Met heimweë is gedink aan die vier klasmaats wat oorlede is, maar was daar ook die voorreg vir die groep om een van hul klasonderwysers, mnr. Hennie Stander, by die reünie te kon hê. Stander het destyds Afrikaans en Voorligting tot op matriekvlak aangebied.
Van links is Dolla Beyers, Johan van Coller, Linda Engelbrecht, Pieter Prinsloo, Kiets Nothnagel, Hennie Stander, Anza van den Berg, Manda Olckers, Gert Smit, Trudie Cronjè, Danie Cronjè, Kerry Human, Janie Ligthelm, Drinie Alant, en Andrè Maree.
Die kameraderie tussen skoolmaats van ouds het dit ‘n onthou-naweek gemaak, wat afgesluit is met gebed vir elkeen se pad vorentoe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.