Praat met hospitaal, sê departement na vals bewerings van gesteelde baba
Die departement het in sy verklaring bevestig dat daar nie 'n baba gesteel is nie.

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het gereageer op ‘n sosiale media plasing wat die ronde gedoen het van ‘n baba wat na bewering gesteel is.
Mondli Mvambi, die departement se woordvoorder, het vandag in ‘n verklaring bevestig dat daar nie ‘n baba gesteel is soos in die plasing beweer word nie. Mvambi het namens die departement ‘n beroep op alle betrokke partye gedoen om die aangeleentheid met die hospitaal bestuur te bespreek.
Mvambi sê die pasiënt is self geskok oor waarom die vals plasing op sosiale media gemaak is wat ook haar privaatheid skend.
Daar is ook ‘n beroep gedoen op mense om hulle te weerhou van uitlatings wat pasiënt konfidensialiteit skend en die beeld van die departement skade berokken met onwaar bewerings.



