Local newsNews
So lyk die situasie met paaie nou
'n Beroep is op motoriste gedoen om te hou by spoedgrense en volgafstande.

Daar is steeds paaie in die Noordwes-provinsie wat onder water is volgens die jongste inligting wat vanoggend ontvang is.
- Dit sluit in die N18 uit Mahikeng in die rigting van Setlagole
- Die N12 naby Stilfontein
- R30 tussen Klerksdorp en Ventersburg
- R503 by Hartbeesfontein
- N4 naby Dinokana
- N14 tussen Sannieshof en Delareyville en verder aan in die rigting van Vryburg
- R52 tussen Koster en Lichtenburg
- N14 naby Coligny
- R509 tussen Koster en Magaliesburg
- R30 tussen Derby en Ventersdorp
- R52 tussen Koster en Rustenburg
- R549 Taaibosspruit watervlakke het gestyg maar is nog nie oor die pad nie. Die situasie sal gemonitor word.
Paaie rondom Kroonstad was teen vanoggend oop.
Motoriste is egter gewaarsku om steeds uiters versigtig te bestuur en te hou by spoedgrense en volgafstande. Spruite en riviere loop sterk en swaar reën is in die Gauteng provinsie gerapporteer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.