Local newsNews

Saterdag is die groot dag: Golden Oldies meet kragte teen Welkom Legends

Maak seker jy is Saterdagmiddag langs Hoërskool Parys se rugbyveld om die Goldie Oldies te ondersteun vir hul heel eerste wedstryd.

Parys se Golden Oldies draf Saterdag 16:30 uit teen Welkom Legends op Hoërskool Parys se rugbyveld in die voorwedstryd van Saterdag se rugbyaksie op Parys se tuisveld. Die hoofwedstryd volg om 18:00 met Parys-rugbyklub wat dan kragte meet teen die Sasolburg Cobras.

Ingang is R10 per persoon en daar sal kos en koeldrankstalletjies wees. Ondersteuners is ook welkom om hul eie gasbraaiers en koelbokse te bring. Geen oop vure sal toegelaat word nie.

Parys se Golden Oldies wat Saterdag in aksie sal wees Foto: Liezl Scheepers

Maak seker jy is daar vir die Golden Oldies se heel eerste wedstryd van die seisoen. Hekke open reeds om 15:00.

Vir navrae skakel André Coetzer by 076 784 8754, Gerhard Meyer by 082 356 5479, of Willie Becker by 072 551 4527.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button