Local newsNews

Go Pappa! Go Oupa!

Goue oomblikke toe die Golden Oldies op die veld draf

Wanneer die pa’s en oupas die rugbytruie aantrek en die tokse uit die kas haal  – moet jy weet hier kom ‘n ding.

Vanmiddag was die dorp daar om te sien hoe Parys se Golden Oldies die eerste keer op die veld draf om die Welkom Legends op Parys se tuisveld aan te durf. En durf het die goue oues wat tussen 35 en 65 jaar oud is, sonder twyfel gehad met  die meeste wat in jare nie ‘n rugbywedstryd gespeel nie.

Al om die tien minute is daar waterbreuk gevat, en  was die korter speeltyd die seer spiere en lywe genadig.

Die kortbeen lynstane het toeskouers se aandag getrek, en so ook die kinders wat teen die einde saam met die ouer manne kon speel nadat die pa’s en oupas die middag luidkeels langs die veld aangemoedig is  met ‘n – “Go pappa, Go oupa!”

‘n Middag van dorpsrugby en sportmangees waarvan toeskouers elke oomblik langs die veld geniet het.

Die Golden Oldies se wedstryd is gevolg deur die hoofwedstryd met Parys-rugbyklub wat die Sasolburg Cobras aangevat het.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button