‘Wonderlike genade om te kan preek,’ sê ds. Sias
Ds. Sias en sy vrou, Mariana, is die afgelope 19 jaar in Parys gavestig.

Toe ds. Sias Vogel 19 jaar gelede sy skoonpa se huis in Parys gekoop het, het dié dorpie aan die soom van die Vaalrivier met sy leiwater en hartlike gemeenskap met die intrek vatplek in sy, en sy vrou, Mariana, se harte gekry.
Dit was ‘n groot skuif na jare in Tadcaster, vertel hy as hy gesels oor die klein dorpie in die Vaalharts Besproeiingskema, waar hy in 1971 beroep aanvaar het by dié dorp se NG gemeente. Hy het ook daar sy bediening voltooi en emeritaat in 2006 aanvaar waarna hy en Mariana na Parys verhuis het.
Oor die jare het ds. Sias in verskeie gemeentes eredienste waargeneem – tot sover as in Deneysville en Bothaville. Hy het selfs vir ‘n paar maande as aflosdominee in die Suidgemeente, en by die Moedergemeente uitgehelp. Vanaf April sal ds. Sias egter deeltyds help met die prediking in die Afrikaanse Protestante Kerk. ‘n Roeping waarna hy baie uitsien om
weer elke week te kan preek.

Ds. Sias het in Pretoria grootgeword en studeer. Hy word in 1965 as predikant georden, en was die Balfour-gemeente sy eerste gemeente wat hy van 1965 tot 1972 bedien het as voltydse predikant voordat hy die beroep na Tadcaster aanvaar het.
Die egpaar het vier kinders, tien kleinkinders en vyf agterkleinkinders – en elkeen van hulle is deur ds. Sias self gedoop
Hy was vroeër jare ook ‘n byeboer van formaat.



