Bouwerk by korrektiewe sentrum neem dalk langer
Die nuwe generasie fasiliteit sal met voltooiing van die projek 266 beddens hê, teenoor die 84 beddens wat die ou korrektiewe sentrum gehad het. Met die destydse oorhandiging van die sentrum aan die nuwe kontrakteur is na die sentrum verwys as ‘n toonbeeld van ‘n belegging wat gemaak word in die modernisering van korrektiewe infrastruktuur, en is spesifiek verwys na die gevorderde veiligheidstelsel by die korrektiewe sentrum en rehabilitasieprogramme wat aangebied sal word.
Die bouprojek vir die vergroting en opknapping van die Parys Korrektiewe Sentrum vorder, maar dit wil op hierdie stadium lyk of dit onwaarskynlik is dat die projek teen Augustus 2025 voltooi sal wees. Die projek is in Maart 2024 aan ‘n nuwe kontrakteur oorhandig, maar die projek is vertraag weens probleme met swak vakmanskap van die vorige kontrakteur wat eers reggestel moes word.
Dié projek waarvoor R282m aanvanklik begroot was, het vir maande stilgestaan omdat die vorige kontrakteur se kontrak weens swak prestasie beeïndig is.
Vroeër is gesê kontantvloei probleme van die vorige kontrakteur wat die sentrum in Parys moes vergroot en opgradeer, was die hoofrede waarom konstruksiewerk nie binne die vyf jaar kontraktermyn voltooi is nie. Die situasie is deur Covid vererger.
Die sloering van die bouprojek by die sentrum in Parys, bring enorme logistieke uitdagings en koste vir die Departement Korrektiewe Dienste mee met die vervoer van gevangenes en personeel na naburige
fasiliteite. Boonop plaas dit bykomende druk op reeds vol korrektiewe fasiliteite.
Die nuwe generasie fasiliteit sal met voltooiing van die projek ook voorsiening maak vir ‘n mediese fasiliteit, onderrigen opleidingsfasiliteite, ‘n sokkerveld, en gesofistikeerde sekuriteitselsel met ‘n sentrale beheerkamer.
Die projek is in Desember 2018 aan NJR Projects (wat later hul naam verander het na die G5 Group) toegeken teen ‘n bedrag van R282.
In Februarie 2019 is die bouperseel aan die vorige kontrakteur oorhandig, en moes die 36 maande kontrak teen April 2023 voltooi wees. In Februarie 2023 is die kontrak egter met G5 beeïndig weens swak
prestasie.
Luidens ‘n verslag was die projek toe net 55% voltooi met die kontraktermyn wat al byna verstryk het. Van die toegekende kontrakkoste is R130m toe ook reeds
spandeer.
Hoewel baie van die werk deur die vorige kontrakteur gedoen is, was dit met die vorige ministeriële besoek aan die sentrum al duidelik dat skade aan die halfklaar geboue wat in wind en weer gestaan het, te wagte is.