Parys-ruiters ryg rosette in by kwalifiserende uitdunne
Baie geluk aan hierdie ruiters
Kealley Hugo, Ninette Jansen van Rensburg en Whittey Phirri het die naweek van 8 en 9 Februarie in Sasolburg aan die derde en vierde kwalifiserende uitdunne (Q3 en Q4) vir Western Mounted Games deelgeneem.
Kealley en haar perd, Country Girl, het by Q3 met vierde plekke weggestap, en by Q4 gespog met ‘n eerste en tweede plek, asook
die Kampioen-kroon vir Junior Vlak 0 ruiters.
Ninnette het met Jessie en Flieka deelgeneem, en het vir Q3 so byna skoonskip gemaak met die eerste plekke wat sy verower het. Sy is ook aangewys as kampioen en reserwe kampioen. By Q4 het sy
‘n besering opgedoen nadat sy ‘n eerste plek behaal het, en kon nie verder aan die uitdun deelneem nie.
Whittey het met sy perd, Prince derde plekke ingesamel vir Q3, en het na afloop van Q4 as kampioen geeïndig in die Vlak 0 Senior-klas. Al drie ry vir die Joy of Life Appaloosa stoet.




