Gesteelde Porche gekry danksy skitterende polisie-werk
'n Sein 'jammer' is in die vier verdagtes se besit gekry.
‘n Porsche Cayenne wat in Vereeniging gesteel is, is Vrydag by die Blyde in Pretoria teruggevind, en vier verdagtes gearresteer na skitterende samewerking tussen die Fezile Dabi Trio-taakspan, Parys Misdaadintelligensie-eenheid, Sasolburg-hoofwegpatrollie en verkeersbeamptes van Parys.
Polisiewoordvoerder sers. Josephine Rani sê lede van die eenhede het Vrydagmiddag inligting gekry van ‘n silwer Mercedes wat betrokke was by ‘n voertuigdiefstalsaak in Vereeniging. Die voertuig is op die R59 opgemerk waar dit in die rigting van Parys beweeg het, en is voorgekeer en deursoek.
Die drie mans en ‘n vrou in die Mercedes, het ‘n sein ‘jammer’ en die sleutels van die beweerde gesteelde Porsche by hulle gehad.

Lede van die Trio-taakspan het later daardie selfde nag die gesteelde Porsche in Pretoria gekry.
Die vier verdagtes, tussen die ouderdom van 28 en 72 sal voor die landdroshof in Parys verskyn.
.



