Local newsNews
SA Atletiek-kampioenskappe: Parys hou styf duim vas vir julle!
Die SA Skole atletiekkampioenskappe word die naweek in Germiston beslis.
Vier atlete van Primêre skool Parys is in die Vrystaat-span ingesluit wat vandag en môre aan die SA Skole atletiekkampioenskappe in Germiston sal deelneem.
Die atlete met die posisies wat hulle by die afgelope naweek se Vrystaat-kampioenskappe behaal het in hakkies aangedui, is Inke Nortman (3de spiesgooi), Leandri Connoway (2de gewigstoot), Herman van der Schyff (3de hoogspring) en Jandré van der Berg (3de hoogspring).


Juffrou Annie, die skool se atletiekhoof, sê dankie aan al die ouers vir die omgee, motivering, harde werk en ondersteuning vir die atlete deur die seisoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



