Dricus laat kanonskoot knal vir monument
Grootskaalse ontwrigting weens kabeldiefstal en wisselvalllige elektrisiteitsvoorsiening het 'n groot invloed op die duisende toeriste wat die Monument maandeliks besoek maar ook vir erfenisbewaring by die monument.

Gemengdegevegskampioen Dricus “Stillknocks” du Plessis wat ook die beskermheer van die Voortrekkermonument is, gaan op 29 Maart 2025 om 12:00 kanon Susanna afvuur om die fokus te plaas op die kragkrisis wat die monument in die gesig staar.
Net n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar en geen kaartjies sal by die hekke gekoop kan word nie.
Jy kan jou kaartjie bespreek by https://vtm.org.za/gee-ons-krag-projek/
Kragkrisis by die Voortrekkermonument
Die Voortrekkermonument staan by ‘n kritieke kruispad as gevolg van grootskaalse ontwrigting weens kabeldiefstal en wisselvalllige elektrisiteitsvoorsiening wat nie net ’n invloed op die duisende toeriste het wat die Monument maandeliks besoek nie, maar ook erfenisbewaring in die wiele ry, het Dawid Brand, die Voortrekkermonument se bedryfshoof van beeld en groei vroeër gesê.
en-verkoelingstelsel (wat miljoene kos en uit Duitsland ingevoer is) toegerus is, huisves artefakte en
dokumente wat oor dekades aan ons toevertrou is. Dié ruimte moet ingevolge internasionale standaarde teen ’n bepaalde temperatuur en humiditeit gehou word.
“Vir elke dag sonder krag, wis ons weke se bewaringswerk uit,” sê Brand.
Argiefstukke en artefakte in die Monument se bewaring sluit in 70 oorspronklike Moerdijk-tekeninge van die Voortrekkermonument wat uit die 1930’s dateer en met die hand geteken is. “Dan is daar dagboeke en briewe van mense uit Anglo-Boereoorlog-konsentrasiekampe en krygsgevangenekampe; Bybels met familie-stambome in; kledingstukke soos ’n kind se kappie, kompleet met bloed, wat in 1838 by Bloukrans om die lewe gebring is; ’n naaimasjien uit ’n konsentrasiekamp in 1901; ’n assegaaipunt uit die Slag van Vegkop; ’n merkwaardige versameling Pierneef-skilderye; en historiese dokumente van onder andere die FAK en die ATKV.
“Ons praat nie van ’n klein ontwrigting nie. Reuse- ekonomiese enjins word tot stilstand geruk.
Gereelde kragonderbrekings en spanningwisselvalligheid het reeds groot skade aan toerusting soos
rekenaars, drukkers, yskaste, WiFi-toegang, tweerigtingradioverbindings, ons telefoonstelsel en
lugversorging aangerig.
“Mense besoek die Kultuurtuiste vir ’n wêreldklaservaring, vir funksies en feeste, en dís presies wat
ons bied. Al kry ons nie ’n sent van die staat nie. Ons oorleef net-net danksy toeriste, skenkings en
lojale Vriende van die Monument wat maandeliks bydra,” sê Brand.
Die Voortrekkermonument het daarom ’n projek Gee ons krag geloods, en is een van die langtermynoplossings ’n sonkragprojek wat sowat R7 miljoen gaan kos.
Jy kan ook die skakel https://vtm.org.za/gee-ons-krag-projek/ volg as jy n bydrae wil maak.