Local newsNews

Nog reën voorspel te midde van kommer oor stygende watervlak van die Vaalrivier

Vyf sluise is tans oop by Vaaldam en is uitvloei by Bloemhofdam vroeër vanaand verder verhoog.

Terwyl daar kommer is oor stygende watervlakke van die Vaalrivier met nog reën wat voorspel word, het sommige oewereienaars en mense in laagliggende gebiede stroomaf van die Vaaldam en Bloemhofdam reeds ag geslaan op die Departement van Waterwese en Sanitasie se waarskuwing gister om betyds te onrtuim waar nodig om skade aan eiendom te probeer verhoed weens vrese vir oorstromings.

By die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel wat steeds gesluit is vir verkeer met water wat oor die brug stroom, is die Vaalrivier se vloei vandag gemeet teen 1 464 kubieke meter per sekonde.

Die foto is 18:00 vanaand by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel geneem. Foto; Sue Janse van Rensburg.
‘n Merker by die Schoemansdrift-brug in die Vrdefort Koepel.

Bloemhofdam laat van 18:00 vanaand water uit teen 2 000 kubieke meter per sekonde, terwyl water by die Barrage tans teen 1 093 kubieke meter per sekonde uitgelaat word.

Vaaldam was vanoggend 111,11% vol met invloei gemeet teen 1002,25 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 760 kubieke meter per sekonde. Daar is tans vyf sluise oop by Vaaldam.

Die staalbrug oor die Valarivier in die Vaal de Grace-landgoed net buite Parys. Foto-erkenning: Eric Pretorius.
Die foto is vanoggend by The Dell net buite Parys geneem waar die Vaalrivier se watervlak al na raming sowat 5m gestyg het. Vanoggend het die situasie egter nog dieselfde as gister gelyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button