Local newsNews

R59 by Viljoenskroon: Vermy dié pad

Volg asseblief alternatiewe roetes.

Motoriste word gewaarsku dat water van ‘n pan sterk oorloop op die R59 net na die silo’s by Viljoenskroon. Volg asseblief alternatiewe roetes en moenie deur die water probeer ry nie.

Die pad is onveilig weens die water en is ‘n beroep op die paaie departement gedoen om die pad tydelik te sluit met die nodige waarskuwingstekens, totdat dit weer veilig is vir padgebruikers.

Die R59 by Viljoenskroon.

‘n Vragmotor met mielies het reeds vanoggend hier in die water omgeval.

Attie Barnard, voorsitter van die AfriForum-tak in Viljoenskroon sê taklede het borde opgesit om motoriste te waarsku teen die padgevaar.

Waarskuwingsborde wat deur AfriForum Viljoenskroon opgesit is op die R59 by Viljoenskroon.

Die volgende roetes het ook water oor die pad.

  • R57 vanaf Petrus Steyn na Heilbron water wat oor die pad vloei skep steeds ‘n groot gevaar.
  • R500 (Fochvillepad) naby Umfula water op die pad verskeie ongelukke alreeds Vrydag hier gerapporteer.
  • R59 tussen N1-oorbrug en Parys groot en diep slaggate verminder asseblief spoed en ry stadig en uiters vesigtig.
  • S643 Vermaasdrift-brug (Noordwes) onder water
  • Vaal Eden-pad water oor die laagwaterbrug.
  •  R721 Viljoenskroon/Vredefort water oor die pad
  • R76 Kroonstad na Villjoenskroon water oor die pad.
  • Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel is steeds onder water.
  • Steynsrus/Kroonstad-pad
  • R59 by Viljoenskroon

Onthou dat waar water oor paaie vloei is dit moeilik om die sterkte van die stroom en diepte van die water te bepaal. Talle paaie is ook in ‘n hagllike toestand met diep en groot slaggate wat ook nie sigbaar is in reënweer en wanneer daar water op die pad is nie.

  • Verminder spoed
  • Hou volgafstande
  • Wees bedag op waarskuwings oor paaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button