Local newsNews

Vragmotor slaan om; motoriste weer gewaarsku oor water op dié pad

Bestuur asseblief versigtig en handhaaf spoedgrense en volgafstande.

‘n Vragmotor met mielies het vanoggend op die R59 by Viljoenskroon reg by die grondboontjie fabriek omgeslaan waar water van ‘n pan oor die pad stroom. Die vragmotorbestuurder kon wel daarin slaag om veilig uit die voertuig te kom.

Attie Barnard, voorsitter van die AfriForum Viljoenskroon-tak, sê taklede het waarskuwingsborde geplaas om mense te waarsku oor die water op die pad.

‘n Beroep is egter vanoggend ook op die paaie departement gedoen om die pad te sluit ter willle van motoriste se veiligheid.

Verskeie ander paaie is steeds onder water en is mense weer ernstig gewaarsku om bedag te wees op vloedwater met spruite en strome wat sterk vloei na swaar reën. Let veral ook op laagwaterbrue wat oorspoel mag wees en gebruik alternatiewe roetes waar moontlik.

Onthou dat waar water oor paaie vloei is dit moeilik om die sterkte van die stroom en diepte van die water te bepaal. Talle paaie is ook in ‘n hagllike toestand met diep en groot slaggate wat ook nie sigbaar is in reënweer en wanneer daar water op die pad is nie.

  • Verminder spoed
  • Hou volgafstande
  • Wees bedag op waarskuwings oor paaie.

Die volgende roetes het steeds water oor die pad.

  • R57 vanaf Petrus Steyn na Heilbron water wat oor die pad vloei skep steeds ‘n groot gevaar.
  • R500 (Fochvillepad) naby Umfula water op die pad verskeie ongelukke alreeds Vrydag hier gerapporteer.
  • R59 tussen N1-oorbrug en Parys groot en diep slaggate verminder asseblief spoed en ry stadig en uiters vesigtig.
  • S643 Vermaasdrift-brug (Noordwes) onder water
  • Vaal Eden-pad water oor die laagwaterbrug.
  •  R721 Viljoenskroon/Vredefort water oor die pad
  • R76 Kroonstad na Villjoenskroon water oor die pad.
  • Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel is steeds onder water.
  • Steynsrus/Kroonstad-pad
  • R59 by Viljoenskroon
Die R59 by Viljoenskroon.
Die situasie by die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel is steeds onveranderd met vloei van die Vaalrivier wat vanoggend hier teen 1 464 kubieke meter per sekonde gemeet is. Die brug is steeds gesluit.

 

  • Fotoss bo en onder: ‘Die Steynsrus/Kroonstad-pad

     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button