Pa van vermoorde seun sterf
Bruhns se formele borgaansoek sou vanoggend in die hof gehoor word.

Die 85-jarige Gert Bruhns wat vanogggend in die landdroshof in Bloemfontein sou verskyn het vir die moord op sy seun, Erich, (56), het onderweg na die hof buite die hofselle inmekaar gesak en gesterf.
Sy formele borgaansoek sou vanoggend in die hof gehoor word.
Polisiewoordvoerder sers. Mahlomola Kareli, het vroeër bevestig dat die klag van strafbare manslag teen Bruhns Sr na moord verander is na die dood van sy seun.
Erich was ‘n sakeman van Bainsvlei en is voorverlede Saterdag in die Pelenomi-hospitaal opgeneem met ‘n skietwond in nek. Hy is egter twee dae later oorlede.
Die skietvoorval het by die Bruhns huis in Midhurst Avenue gebeur, en is Gert Bruhns kort daarna in hegtnis geneem nadat hy na bewering van die toneel gevlug het.



