Local newsNews

Vermiste polisiekonstabels: Soektog lei na die Hennopsrivier

Die drie polisiekonstabels is Woensdag die laaste keer by die Engen-vulstasie naby die Grasmere-tolhek op die N1 gesien

Polisiewoordvoerder brigadier Athlenda Mathe het pas bevestig dat die ondersoek na drie vermiste Vrystaatse polisiekonstabels hul na die Hennopsrivier langs die N1 by Centurion gelei het waar drie liggame  uit die rivier gehaal is. Die identiteite van die oorledenes is nog nie bevestig nie, het brig. Mathe gesê.

Mathe sê daar word nog gesoek na ‘n vierde liggaam en vir moontlike bewysstukke wat die polisie kan help in hul ondersoek na die vermiste polisiebeamptes.

Konstabels Cebekhulu Linda (24), Keamogetswe Buys (30) en Boipelo Senoge (20) was van Bloemfontein op pad na Limpopo waar hulle ontplooi is, en is Woensdag die laaste keer by die Engen-vulstasie naby die Grasmere-tolhek op die N1 gesien. Hulle het met n wit Volkswagen Polo gery, en was van diens toe hulle verdwyn het.

Die Nasionale Kommissaris van die SAPD, genl. Fannie Masemola, het gister saam met die adjunk nasionale kommissaris vir misdaadondersoeke, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, en die ondersoekspan vergader en  met die families van die betrokke polisielede gepraat.

Twee van die vermiste polisiekonstabels, na wie daar sedert Woensdag gesoek word.

Die voertuig waarmee die polisiekonstabels gery het ten tyde van hul verdwyning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button