Local newsNews

Nampo volstoom op koers ondanks swaar reën

Meer oor toegangsroetes na Nampo Park

Nampo Oesdag gaan voort soos beplan van 13 tot 16 Mei ten spyte van die afgelope weke se swaar reën in Bothaville en omliggende gebiede, sê Graan SA en die NAMPO-bestuurspan  Boonop beloof vanjaar se program weer die volle NAMPO-ervaring  van grootskaalse toerustinguitstallings en wêreldwye tegnologievertonings,  tot kundige besprekings en waardevolle netwerkgeleenthede.

Gronde droog uit en voorbereidings vorder

Die afgelope ses weke het sowat 500 mm reën op die Nampo  Oesdagterrein geval, maar het die afgelope paar dae se sonnige weer gehelp om die nat terrein droog te kry. Bykomende dreineringsmaatreëls is ook geïmplementeer om die proses te versnel en die terrein voor te berei vir duisende besoekers wat weer vanjaar op die Oesdagterrein verwag word. 

Langtermynbeleggings in infrastruktuur bewys waardevol

Langtermynbeleggings in infrastruktuur by NAMPO Park – insluitend opgegradeerde paaie, dreineringsisteme en parkeerareas het veral gewys waardevol te wees sodat die terrein operasioneel kan bly selfs te midde van uitdagende weerstoestande, het Graan SA gesê.

Paaie na Nampo Park

Vir  die nuutste opdatering oor toegangspaaie na die Nampo Oesdagterrein, volg Graan SA en die NAMPO Oesdag op sosiale media of besoek www.nampo.co.za.

Roetes na Nampo Park

  1. N12 Potchefstroom → Klerksdorp → R30 Bothaville / NAMPO Park

2. R727 Kroonstad → Bothaville via die R76 draai links na Bothaville op die R727

3. Parys R59 → Viljoenskroon → Bohtaville draai regs by die T-aansluiting op die R30 Orkney/Nampo Park

 4.  R504 van Wolmaranstad → Bothaville, – Let daaropo dat die pad onder konstruksie is met stoppunte.

Bly ingelig

Besoekers word aangemoedig om ingelig te bly via Grain SA se amptelike platforms vir die jongste aankondigings, insluitend pad- en toegangopdaterings. Om toue by die hekke te vermy, kan kaartjies aanlyn gekoop word by www.opentickets.co.za.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button