Van sweepklap tot rieme brei by dié heerlike kultuurfees
Van boeresport tot sweepklap maak deel van die propvol kultuurspyskaart wanneer daar op Saterdag 17 Mei ‘n heerlike Kultuur en Familiefees op die FAK se Udolpho Rivierplaas gehou word. Dit is by uitstek ‘n kultuur, jeug en familiedag met die klem op die Afrikaanse taal wat ook vanjar sy 100ste bestaansjaar vier. Kom kuier saam …

Van boeresport tot sweepklap maak deel van die propvol kultuurspyskaart wanneer daar op Saterdag 17 Mei ‘n heerlike Kultuur en Familiefees op die FAK se Udolpho Rivierplaas gehou word.
Dit is by uitstek ‘n kultuur, jeug en familiedag met die klem op die Afrikaanse taal wat ook vanjar sy 100ste bestaansjaar vier.
Kom kuier saam vanaf 09:30 en kom vind meer uit oor stambome en die herkoms van vanne met interessante genealogie praatjies. Neem deel aan boeresport en speletjies en snuffel rond by die uitstalllings wat hier te sien sal wees. Vir die boekwurms is daar ‘n museum storiewa en Helplift boekverkoping.
Sweepklap, sweepvleg en rieme brei gaan jou besig hou. Daar sal ook ‘n mini-skyngeveg wees, selfverdediging demonstrasie deur Len le Hani, Volkspele en ‘n kykie na wat regtig Voortrekkerdrag is (10:00 tot 14:00).
Gesels met Germaine by 072 404 3441, Jan-Danie by 082 965 7002, Kobie by 083 755 4444 of Gys by 082 934 8017 as jy meer inligting nodig het.


Die FAK se Udolpho Rivierplaas is net buite Parys op die Vaal Eden-pad.



