Local newsNews
Geen sprake van sluiting van snelweë
Nasionale polisiekommissaris waarsku oor die verspreiding van valse inligting,

Die nasionale kommissaris van die SAPD, generaal Fannie Masemola, het Suid-Afrikaners gewaarsku om nie vals boodskappe te versprei oor ‘n sogenaamde sluiting van snelweë, Amerikaanse konsulate en Amerikaanse sakeondernemings nie.
Dit volg nadat mense oor die naweek hieroor valse inligting op sosiale media platforms gedeel het.
Masemola het gesê wetteloosheid sal nie geduld word nie, en dat waninligting pogings is om vrees te skep.
Hy het dit duidelik gestel dat daar geen sluiting van snelweë of enige ander paaie is nie, en is ‘n beroep gedoen op gemeenskappe om hulself te distansieër van enige wettelose dade.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



