Local newsNews

Loubser verras met Vodacom Origins of Golf-Parys-titel

Parys Golf & Country Estate waar die toernooi aangebied is, spog nie net met een van die mooiste bane nie, maar ook 'n baan wat groot uitdagings bied vir gholfspelers. Die baan is oorspronklik deur Cobie le Grange ontwerp en is oor die jare verskeie nasionale toernooie waaronder ook die Sunshine Tour en Senior Sunshine Tour al hier aangebied.

Herman Loubser se naam is die afgelope naweek in Parys gevoeg by die lys van uitnemende spelers wat al die Vodacom Origins of Golf-trofee omhoog kon hou. Loubser en Yurav Premlall het aanvanklik gelyk geeïndig met ‘n telling van 8 onder baansyfer waarna Loubser by die eerste uitspeelputjie met ‘n voëltjie finaal die oorwinning in sy guns beklink het. Sy caddy, Lloyd Gaya het ook erkenning ontvang met ‘n medalje wat aan hom oorhandig is.

Die toernooi is gekenmerk deur fantastiese weer en gasvryheid deur sakelui en die gemeenskap van Parys wat deelnemers van meet af beïndruk het.

Daarbenewens was daar lof vir die Parys Golf & Country Estate-baan, wat nie net as van die mooiste bane beskou word nie, maar ook van die moeilikstes met water by meeste van die gaatjies, terwyl die setperke ook groot uitdagings aan die spelers gestel het.

Die toernooi het afgeskop met die ProAm met 60 amateur en 60 professionele spelers wat die Woensdag en Donderdag op die baan was, waarna dit gholf in alle erns was met groot name in gholfkringe wat van die Vrydag in aksie was as deel van die Sunshine Tour-reeks.
Die top 62 spelers het uiteindelik Sondag mekaar die stryd aangesê met Premlall wat tweede geïndig het, en Pieter Moolman, George Coetzee en Joe Long gesamentlik derde met ‘n telling van -6.

Nadia van der Westhuizen het as die Sunshine Ladies Tour wenner geeïndig.

‘n Goue-oomblik vir Herman Loubser wat die naweek die Vodacom Origins of Golf Parys-toernooi gewen het. By hom is sy caddy Lloyd Gaya.

Klubvoorsitter Ian Kennon het na die toernooi gesê dat baie spelers die dorp as versteekte juweel en ideale naweekbestemming beskryf het. Kennon het ook gesê dat die spelers en ondersteuners baie beïndruk was met die baan, en verwag kan word om meer van dié spelers in die toekoms op die baan te sien.

Loubser het sewe jaar gelede die laaste keer hier gespeel toe die toernooi in 2018 ook in Parys aangebied is. Hy het na sy oorwinning gesê dat hy tans op die kruin van sy loopbaan is en met selfvertroue speel. Dit was Sondag sy eerste oorwinning sedert 2022.

Loubser het die week in Pretoria aan die Sunbet Challenge deelgeneem. Hy word afgerig deur Keagan Beyer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button