Local newsNews
Kersliedere en Kersvreugde in Vredefort se strate
Met die OVB Omgee Kersprojek sal kinderhartjies bly gemaak word met lekkergoedpakkies wat uitgedeel sal word wanneer Kersliedere weerklink deur die dorp se strate.

Onthou jy die dae van OVB-nommerplate vir die Vrystaatse dorp Vredefort? Vanjaar gaan die OVB Omgee Kersprojek, Kersvreugde op besondere manier bring in die harte van nie net dié dorp se kinders nie, maar elkeen – selfs van omliggende buurdorpe wat wil deel in die vreugde.
Die projek is die inisiatief van ‘n paar vriende van Vredefort wat môre 23 Desember vanaf 18:00 met ‘n trekker en wa deur Vredefort se strate sal ry om lekkergoedpakkies aan kinders uit te deel.
Kersmusiek sal die aand in die dorp se strate weerklink. Kom sing saam en beleef weer die vreugde en vrede van Kersfees saam met ander.
Die NG Klipkerk en Vredefort Dinamika gemeentes ondersteun, en is betrokke by die projek.


Daar is die afgelope paar dae hard gewerk om die lekkergoedpakkies op te maak. Dankie aan elkeen wat die projek moontlik gemaak het.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



