Local newsNews

AfriForum help skoonmaak by behuising vir bejaardes

Omdat dit hoofsaaklik senior burgers is wat daar woon, het die tak ingespring om skoon te maak ter wille van die inwoners se veiligheid en gesondheid.

Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het die afgelope maand die area om die Rotariërhuise wat dien as behuising vir bejaardes in Viljoenskroon, skoon en netjies gemaak. Hoewel die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit verantwoordelik is daarvoor om die area netjies te hou, het die tak agtergekom dat dit so oorgroei is dat dit onmoontlik is om te sien wat binne die perseel aangaan.

Omdat dit hoofsaaklik senior burgers is wat daar woon, het die tak ingespring om skoon te maak ter wille van die inwoners se veiligheid en gesondheid.

Die gras is gesny, bossies is verwyder en  die area is ook met onkruidgif behandel om te verhoed dat dit weer so oorgroei raak. Ongeveer 450 vierkante meter is skoongemaak en 67 sakke vullis, gras en takke is weggery.

Die toegegroeide Rotariërhuise in Viljoenskroon voor daar skoongemaak is.
Die toegegroeide Rotariërhuise in Viljoenskroon voor daar skoongemaak is.
Die foto van die Rotariërhuise is na die skoonmaakaksie geneem.
Die foto van die Rotariërhuise is na die skoonmaakaksie geneem.

“Dit is ’n wonderlike inisiatief van die tak om na die belange van kwesbare mense om te sien waar hulle dit nie self kan doen nie en waar die munisipaliteit in gebreke bly om hulle plig uit te voer,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

“ Dit is verblydend om te sien dat inwoners dit raaksien en ook nou self die moeite doen om hulle erwe skoon te maak, sê Attie Barnard, takvoorsitter van AfriForum in Viljoenskroon. EHy het Willie en Lynne Griessel bedank wat die werkers beskikbaar gestel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button