Local newsNews

Midrand, Johannesburg watervoorsiening steeds onder erge druk

Rand Water sê hy is in gesprek met die metro's om oplossings te probeer vind.

Rand Water sê hy is bewus van die stadige herstel van watervoorsiening in die Midrand-gebied (Johannesburg), Laudium, Attridgeville en omliggende gebiede in Tshwane, asook die Tembisa-gebied in Ekurhuleni. Hoewel daar steeds enkele onderbrekings in Tshwane en Ekurhuleni ervaar word, is dit minimaal in vergelyking met die groter ontwrigting wat Midrand raak, het Rand Water gesê.

Die waternutsmaatskappy het vroeër vandag bevestig sy watervoorsieningstelsels is ten volle herstel na ‘n vroeëre kragonderbreking en sê daar word tans op vol kapasiteit water gepomp. Daar is egter bekommernis oor die aanhoudend hoë waterverbruik deur die stede Johannesburg en Tshwane, aangesien dit groot druk op die algehele watervoorsieningsnetwerk plaas.

Tans produseer Rand Water ongeveer 5 000 miljoen liter water per dag, waarvan 77% deur die drie metro’s in Gauteng (Tshwane, Ekurhuleni en Johannesburg) verbruik word.  As gevolg hiervan rek Rand Water sy bates tot die uiterste om die hoë verbruik te akkommodeer, het die watervoorsiener gesê.

Rand Water sê hy is voortdurend in gesprek met die metro’s om oplossings te vind. Verder is ook gesê die Midrand-gebied het ’n langdurige probleem van hoë waterverbruik wat vererger word deur die groei van beide formele en informele nedersettings. “Hierdie probleem is goed bekend aan Johannesburg Water, en die entiteit het begin met opgraderings aan die Midrand-stelsels om die watervoorsiening in daardie gebied te versterk,” is bevestig.

Volgens Rand Water is die genoemde gebiede tans in ’n herstelproses maar die hoë waterverbruik bly  ’n groot faktor wat die tempo van herstel beïnvloed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button