Local newsNews

Vrystaatse polisie-taakspan lê belag op onwettige vuurwapen, dwelms en selfone

Twee mense is deur die taakspan op die perseel in hegtenis geneem.

Pogings van die polisie om beslag te lê op onwettige vuurwapens en dwelms,  het vanmiddag beduidende resultate opgelewer met die arrestasie van twee verdagtes in die Phiritona-woonbuurt by Heilbron.

Lede van die Vrystaatse Anti-Kapingstaakspan het op inligting gereageer oor ’n man wat na bewering dwelms vanuit ’n woning in die Marantha-gedeelte van Phiritona verkoop.

Toe die perseel deursoek is, is ’n .38 Special Taurus-rewolwer gekry waar dit versteek was in ’n laaikas in ’n klerekas. Daar is ook beslag gelê op agt vermoedelik gesteelde selfone en ‘n  beduidende hoeveelheid Crystal Meth met ’n geskatte straatwaarde van R100 000 in die woning.

Die gesteelde selfone waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf
Die gesteelde selfone waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf
Daar is ook beslag gelê op Crystal Meth met 'n waarde van R100 000. Foto: Verskaf
Daar is ook beslag gelê op Crystal Meth met ‘n straatwaarde van R100 000. Foto: Verskaf
Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf
Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

’n 35-Jarige man en ’n 18-jarige vrou is op die toneel in hegtenis geneem. Hulle word aangekla vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, besit van vermoedelik gesteelde eiendom, en handel in dwelms.

Die beskuldigdes sal na verwagting binnekort in die Heilbronse landdroshof verskyn, het sersant Mahlomola Kareli bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button