Local newsNews

Besoekers van oral oor om reisende kwiltkuns te sien

Van Udolpho sal die reisende kwilt-uitstalling nou ook na Golden Rand Guild en Bloemfontein beweeg.

Van oral oor – selfs sover as Pretoria, het mense vanoggend die kwiltkuns kom waardeer by die FAK se Udolpho Rivierplaas net buite Parys. Die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde se Reisende Kwilt uitstalling by Udolpho sou van hier na Centurion vertrek

Op 21 Maart is die uitstalling by Golden Rand Guild in Johannesburg en dan kom Bloemfontein aan die beurt.

Daar is 32 kwilts in die uitstalling onder die tema Sew Conscious.

 

Naas die uitsonderlike kwilts van lede van kwiltgildes oor die land wat vandag hier by Udolpho gesien is, was dit ook vanoggend die kwartaallikse vergadering van die Vaaldriehoek Kwiltgilde, vertel Ronel Fick, voorsitter van dié gilde. Hoewel Parys nie ‘n eie kwiltgilde het nie, skakel daar ook van die dorp se kwilt-geesdriftiges by die Vaaldriehoek-gilde in , en is daar vanoggend heerlik saamgekuier en gekyk na die kosbare kultuurerfenisskatte, en Ouma se Huis-plaasmuseum op Udolpho.

Daarna kon ook rondgesnuffel word by Quiltalk se reisende winkel vir lap en kwilttoebehore.

Judy Roux, Cecile Lombaard en Elsie Burger in die reisende Quiltalk winkel waar vanoggend heerlik rondgekyk kon word na al die materiaal en naaldwerkbenodighede.
Judy Roux, Cecile Lombaard en Elsie Burger in die reisende Quiltalk winkel waar vanoggend heerlik rondgekyk kon word na al die materiaal en naaldwerkbenodighede.

Van die pragtige kwilts wat deel is van die reisende kwiltuitstalling wat van Parys na Centurion sal beweeg. 

Maar waar het die kwiltkuns begin?

Die oudste bewyse van kwiltwerk is al in 3 400 v.C in antike Egipte geisen. Aanvanklik is kwiltkomberse gemaak om beskerming teen die koue te bied en het soldate in die middeleeue selfs gekwilte lae onder hul waperusting gedra vir beskerming en gemak, maar ook om hul warm te hou.

In die 1300’s is kwilts gesien as ‘n simbool van rykdom en was dit dikwels gemaak van sy en vilt.

Tegnieke

Oor die jare het kwilttegnieke ontwikkel en is die sogenaamde Broderie Perse gesien met motiewe gesny uit chintz-stof, en die Engelse Papier-lapwerk waar lap om papiervorms (meestal seshoeke) gevou en vasgewerk is vir ingewikkelde ontwerpe. I

n die 19de eeu het Crazy Quilts gewild geword met lap van verskillende rigtings en materiale (selfs sy en lint) wat aanmekaar gewerk is.

Kwiltkuns in Suid-Afrika

Die Franse setlaars het in die 1600’s die kwilttradisie na Suid-Afrika gebring. Die oudste bekende kwilts in die koloniale era word dikwels gekoppel aan Britse en Ierse immigrante wat tydens die mynbou-era na Suid-Afrika gekom het. ‘n Vroeë voorbeeld van ‘n laslapdeken dateer uit 1805–1806 en kan in die Drostdy-museum in Swellendam besigtig word.

Indiese immigrante het hul eie tegnieke van lapwerk en toepassingswerk (appliqué) ingebring, wat deel geword het van die Suid-Afrikaanse kwiltlandskap.

Die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde is in 1989 gestig.

Ongelooflike mooi kwilts wat vanoggend by Udolpho by die reisende kwilt-uitstalling van die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde gesien is.
Ongelooflike mooi kwilts wat vanoggend by Udolpho by die reisende kwilt-uitstalling van die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde gesien is.

Kwilts vertel ‘n storie

Kwiltwerk word dikwels gebruik in storievertelling van families, kulture en gebeure. In moderne kwilt sien ons ‘n kombinasie van tradisionele tegnieke en moderne kuns en word dit dikwels as muurbehangsels uitgestal. Gekwilte dekens is ook steeds baie gewild, terwyl ander dit ook in babakamers gebruik.

Ongelukkig is kwilt ‘n duur stokperdjie en neem dit tyd om ‘n kwilthandwerk te voltooi, maar dit bly ‘n besondere handwerk kunsvorm waaraan daar nie ‘n prys gekoppel kan word nie.

Die jammerte is dat kwiltkuns vandag deur baie min jongmense beoefen word, maar gaan kyk gerus na die Quilt Youth Academy met aanlyn programme wat aangebied word. Lees meer by:

https://www.quiltsouthafrica.co.za/quilt-youth-academy

 https://husqvarna-viking.co.za/youth-quilting-academy/

Kwiltfees

Dagboek ook die 23ste Suid-Afrikaanse Nasionale Kwiltfees wat vanjaar van 7-11 Julie in Port Elizabeth by Collegiate Girls High School gehou word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button