Local newsNews

R59: Wees bedag op stop/rybeheerpunt

Dit is belangrik dat motoriste spoed sal verminder en volgafstande sal handhaaf op beide die R59 tussen Parys en Vredefort, maar ook op die Schoemansdrift-pad.

‘n Stop/ry-beheerpunt ter wille van verhoogde Paasnaweek-verkeersvolumes, is ingestel op die R59 tussen Parys en Vredefort, waar ‘n kontrakteur besig is met herstelwerk aan slaggate. Dit is egter belangrik dat jy stadig en baie versigtig hier sal ry.

Herstelwerk aan die gedeelte van die R59 sal na die Paasnaweek hervat word.

'n Stop/Rybeheerpunt is op die R59 tussen Parys en Vredefort ingestel ter wille van die Paasverkeer. Foto: Liezl Scheepers
‘n Stop/Rybeheerpunt is op die R59 tussen Parys en Vredefort ingestel ter wille van die Paasverkeer. Foto: Liezl Scheepers
Die R59 dra swaar verkeer veral oor die Paasnaweek. Foto: Liezl Scheepers
Die R59 dra daaglks swaar verkeer. Foto: Liezl Scheepers

Daar kan ook steeds van die Schoemansdrift-pad as alternatiewe roete na Vredefort gebruik gemaak word. Let egter op slaggate op die Schoemansdrift-pad, sowel as ‘n gedeelte van die pad se teervlak
wat gesak en ‘n sloot gevorm het weens swaar reën verlede week en swaar voertuie wat die pad moes gebruik as gevolg van die sluiting van die R59 tussen Parys en Vredefort. Daar is ook water onder die pad. Bestuur uiters versigtig en stadig hier.

Met die stop/rybeheerpunt op die R59 kan motoriste verkeersvertragings verwag, asoook wanneer die pad weer gesluit sal word om herstelwerk te hervat. Verkeer sal dan weer net buite Parys in die rigting van Vredefort van die R59 via die Schoemansdrift-pad herlei sal word.

Let op padtekens wanneer die pad gesluit sal word, sowel as vir die stop/rybeheer.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button