Local newsNews

Best of Parys: Lesers se sê tel as dit kom by diens by uitnemendheid

Onthou nominasies kan slegs aanlyn gedoen word en sluit 4 Mei.

Daar is niks wat kom by uitstaande kliëntediens nie. Juis daarom gee MooiVaal Media, eienaar van Parys Gazette, vir die derde jaar agtereenvolgens, lesers die geleentheid om deel te neem aan ‘n projek om erkenning te gee aan uitblinker-sakelui in Parys.

Nominasies is reeds oop en kan jy die ondernemings in Parys wat vir jou uitstaan as dit kom by diens by uitnemendheid aanlyn nomineer by die volgende skakel – https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-best-of-parys/

Nominasies sluit 4 Mei.

Ons dorp se sakegemeenskap speel ‘n deurslaggewende rol om werk te skep, en die dorp se ekonomiese wiele aan die rol te hou. Deur middel van die Best of Parys Readers’ Choice Awards gee ons erkenning aan besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering ‘n goeie naam in Parys opgebou het – hetsy dit koffiewinkels, restaurante, gastehuise, apteke, eiendomsagentskappe noem maar op – of enige ander private onderneming is.


Onthou die kompetisie is in digitale formaat en net nominasies wat aanlyn gedoen word, sal aanvaar word.

Jy kan besighede in verskeie kategorieë nomineer.

Sodra nominasies gesluit het, sal lesers aanlyn stem vir die wenners van die onderskeie kategorieë.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button