Moord ondersoek ná vrou se lyk in rivier gekry word
'n Verbyganger het die liggaam in die water gesien, en is die polisie na die toneel ontbied.
Die polisie het begin met ‘n moordondersoek nadat die liggaam van ‘n vrou, vermoedelik in haar dertigs vanoggend in Parys uit die Vaalrivier by Grewarlaan gehaal is.
Die vrou se hande en voete was vasgebind.
‘n Inwoner het die liggaam gesien, en is die polisie in kennis gestel. SAPD-lede en speurders van Parys, sowel as adjudant-offisier Hollie Holtzhausen van die Sasolburg K9 Soek- en Reddingseenheid is na die toneel, waar die liggaam deur a.o. Holtzhausen uit die water gehaal is.
Die oorledene was met die skryf van die berig nog nie geïdentifiseer nie.

Enigeen wat inligting het wat die polisie kan help met die ondersoek word gevra om kaptein Mofokeng, van die Parys Speurdiens te skakel by 082 466 8094.



