Vier betrap met koperkabel en vervalste goedere
Benewens die koperkabel is ook beslag gelê op 'n Ford Ranger.
Vier verdagtes sal in die Bothaville landdroshof verskyn nadat hulle Vrydag op die R30 by Bothaville in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabel en vervalste goedere.
Die arrestasie het gevolg nadat die Bothaville polisie inligting opgevolg het oor ’n voertuig wat betrokke was by koperkabeldiefstal in verskeie polisiedistrikte. Die voertuig wat aan die beskrywing voldoen het, is op die R30 naby die verkeersdepartement voorgekeer. Toe die voertuig deursoek is, het die polisie die gebrande koperkabel en vervalste goedere gekry.
Die 124 kg se koperkabel het ’n geraamde waarde van R11 160.
Benewens die koperkabel en vervalste goedere, het die polisie ook beslag gelê op ‘n Ford Ranger.



