Local newsNews

Tweede verdagte gevonnis vir diefstal van Transnet-olie

Magatu se mede-beskuldigde, Shepard Vareni, dien tans gevangenisstraf uit nadat hy in November 2025 deur dieselfde hof gevonnis is.

Die Streekhof in Vrede het die Zimbabwe-burger, Felix Magatu (44), tot sewe jaar gevangenisstraf gevonnis vir peuter/beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, en sewe jaar gevangenisstraf vir die diefstal van ru-olie uit ‘n Transnet-pyplyn. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Volgens Valke-woordvoerder, luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli, is sekuriteitspersoneel op 25 September 2023 in kennis gestel van die diefstal van die ru-olie op ’n plaas naby Memel. Die polisie het daarna twee verdagtes gearresteer en is twee voertuie teruggevind.

Die beskuldigdes het die Transnet-pyplyn beskadig om die ru-olie ter waarde van meer as R600 000 te kon steel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button