Local newsNews

Polisiekaptein wat betrokke was by ondersoek na moord op Armand Swart, verskyn in hof

Die borgaansoek sal op 2 Junie gehoor word.

‘n Polisiekaptein wat as ballistiese kenner betrokke was by die ondersoek na die opspraakwekkende moord van Armand Swart (30) in 2024 buite die ingenieursfirma, Q-Tech Engineering Company in Vereeniging , het Maandag 25 Mei, in die hof verskyn.

Kaptein Itumeleng Laurence Makgotloe (54). ‘n ervare ballistiese kenner, is Vrydag 22 Mei by sy huis in hegtenis geneem en word aangekla van medepligtigheid aan ‘n moord, of alternatiewelik dwarsboming van die gereg en die onwettige besit van ammunisie.

Die Pretoriase landdroshof het Maandag gehoor dat Makgotloena na bewering van sy ballistiese ontledings van die moord op Swart, doelbewustelik gefrabiseer het.

Swart is op 17 April 2024 in sy voertuig , koelbloedig doodgeskiet toe die insittendes van ’n ander voertuig, wat oorkant hom geparkeer was, na bewering op hom losgebrand het nadat hy verkeerdelik aangesien is as fluitjieblaser van Transnet-tenderbedrog. Twee verdagtes is later vir die moord in hegtenis geneem.

Tydens die ondersoek is die vuurwapen en ammunisie wat na bewering in die moord gebruik is, op 9 Mei 2024 aan Makgotloe oorhandig vir ballistiese ondersoek. Daar word beweer dat Makgotloe, nadat hy die ondersoek uitgevoer het, onakkurate verslae aan sy meerderes voorgelê het, wat hy later teruggehaal en versuim het om weer terug te besorg. Daar word verder beweer dat hy ook die vuurwapen en ammunisie verwyder het om verdere ondersoek te verhoed, en dit nooit terugbesorg het nie.

Makgotloe het in Februarie getuienis voor die Madlanga-kommissie gelewer oor die moord op Swarts. Ná verdere ondersoeke is hy op 22 Mei by sy huis in hegtenis geneem, en is beslag gelê op ballistiese verslae ammunisie en ander bewysmateriaal wat relevant is tot polisie-ondersoeke.

Die saak is uitgestel tot 2 Junie vir ‘n borgaansoek, het Lumka Mahanjana, streekwoordvoerder an die Nasionale Vervolgingsgesag in Gauteng, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button