Local newsNews

3 Sterf, verskeie beseer in botsing op R57

Mense is weer gewaarsku om te hou by spoedgrense en veilige volgafstande.

Drie mense het vanoggend gesterf, en verskeie is beseer na ʼn botsing tussen vier voertuie waaronder ook ʼn minibus taxi en vragmotor, op die R57 tussen Heilbron en Petrus Steyn in die Vrystaat.

Nooddienste is om 05:20 na die botsingstoneel ontbied, het Sipho Towa, voorsitter van Road Incident Management (RIMS) in die Vrystaat gesê.

Volgens Towa is drie van die insittendes van die voertuie op die toneel dood verklaar. Ses mense is beseer, van wie vier pasiënte ernstige beserings opgedoen het.

Towa sê die beseerdes is na die.Tokollo hospitaal in Heilbron, en Pelenomi Trauma sentrum in Bloemfontein vervoer.

Mense is weer gewaarsku om te hou by spoedgrense, waaksaam te wees en veilige volgafstande te handhaaf.

Towa het ook namens RIMS sy medelye uitgespreek teenoor die naasbestaandes van die oorledenes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button