Rugby is in dié neefs se bloed
Van kleins af is Matthew en Ethan Litchfield al op die rugbyveld.
Matthew en Ethan Litchfield is nie net neefs nie. Van kleins af deel die twee ‘n liefde vir rugby en speel albei vanjaar vir hul onderskeie skole se eerste rugbyspanne – die een as flank, en die ander as buitesenter.
Matthew, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Transvalia, vertel dat hy in sy graad R-jaar die eerste keer op die rugbyveld uitgedraf het. In 2025 neem hy aan die SA Rhino Prestige rugbyweek in Italië deel en speel hy as o16-speler vir die o18 en o19 spanne.

Ethan is ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Parys, en sal die o17 Valke-span gedurende die Junie-vakansie by die VKB-week in Bethlehem verteenwoordig. Dit is vanjaar die tweede keer dat hy vir die Valke gekies is.
Dit is ook nie net op die rugbyveld waar Ethan uitblink nie. Vanjaar het hy die eerste keer die Vrystaat by die SA Skole-atletiekkampioenskappe verteenwoordig in die 200m-item.
Ethan glo as jy talent het en hard werk, sal jy ver kom. Sy rolmodolle is Cheslin Kolbe en Sacha Feinberg-Mngomezulu, terwyl Matthew opkyk na Beauden Barrett.

Beide seuns se pa’s, Phillip en Wayne, was ook op hul dag kranige rugbyspelers.



