Local newsNews

Toegewyde polisiebeamptes keer twee vas met meer as R1,8m se koperkabel

Die mans sal binnekort in Parys voor die hof verskyn.

Die polisie het vroeër vanaand, Donderdag 18 Junie, beslag gelê op vermoedelik gesteelde koperkabel ter waarde van meer as R1,8m wat in ‘n vragmotor op die N1 gekry is. Twee verdagtes is ook gearresteer danksy die toegewyde en vinnige optrede van polisielede van die Fezile Dabi-distrik se Infrastruktuurtaakspan wat ten spyte daarvan dat hul van diens af was, blitsig gerageer het op inligting wat gekry is van ‘n vragmotor wat met die koperkabel vanaf Welkom in die rigting van Gauteng onderweg was.

Volgens luitenant-kolonel Covane het die polisie ook inligting gekry dat die vragmotor nog koperkabel by ‘n bekende skrootwerf in Kroonstad sou oplaai.

Die vragmotor waarmee die koperkabel vervoer is. Foto: SAPD Kommunikasiedienste
Die vragmotor waarmee die koperkabel vervoer is. Foto: SAPD Kommunikasiedienste

Covane sê die span het onmiddellik gemobiliseer en die inligting opgevolg. Die vragmotor is op die N1-hoofweg in die rigting van Gauteng opgemerk en omstreeks 19:00 net duskant die Vaal-tolplaza voorgekeer. Tydens ’n voorlopige ondersoek van die vrag is sakke koperkabel gekry.

Die vragmotor en die verdagtes is na die Sasolburg-polisiestasie geneem vir verdere ondersoek. By die polisiestasie het beamptes nog koperkabel gekry wat versteek was onder sakke met fyngedrukte aluminiumblikkies. Die gekonfiskeerde koperkabels het ’n beraamde waarde van R1,8 miljoen.

Van die kperkabel waarop beslag gelê is. Foto: SAPD Kommunikasiedienste
Van die kperkabel waarop beslag gelê is. Foto: SAPD Kommunikasiedienste

Die twee verdagtes wat gearresteer is, is onderskeidelik 27 en 59 jaar oud, en staan tereg op klagte van peuter met, en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en besit van vermoedelik gesteelde koperkabels.

Hulle sal binnekort in Parys in die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button