Local newsNews

Binnelandse Sake se deure oop oor die naweek

Om te kan stem in die plaaslike regering verkiesing op 4 November, moet jy as kieser geregistreer wees en 'n geldige ID-dokument hê.

Die kantore van Binnelandse Sake sal landwyd oor die naweek oop wees op Saterdag 20 Junie en Sondag 21 Junie van 08:00 tot 17:00.

Suid-Afrikaners kan van hierdie geleentheid gebruik maak om

  • Aansoek te doen vir hul Smart ID-kaarte
  • Afhaal van Smart ID-kaarte waarvoor vroeër aansoek gedoen is.
Illustrasiefoto:: SA People News
Illustrasiefoto:: SA People News

Hierdie naweek (Saterdag 20 en Sondag 21 Junie) is ook registrasienaweek met die oog op die munisipale verkiesing op 4 November.

Onthou dat Suid-Afrikaanse burgers wie nie ‘n geldige ID-dokument het (groen ID-boek, Smart ID-kaart of geldige Tydelike Identifikasie Sertifikaat), en as kiesers geregistreer is nie, nie sal kan stem nie.

Volgens Departement Binnelandse Sake is daar meer as 370 000 Smart ID-kaarte wat nog afgehaal moet word. Die departement het daarom mense aangemoedig om van die verlengde ure gebruik te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button