Mnr en Mej Hoërskool Parys – dit was ‘n ongelooflike reis
Hierdie was 'n aand waar elke finalis se kreatiwiteit, leierskap en selfvertroue gevier is.
Mnr. en Mej. Hoërskool Parys 2026 is vanaand tydens ‘n spog geleentheid gekroon. Vanjaar se kroondraers is Cameron Cowie en Lizna Steyn.
Alex Holt en Dané Nell is as eerste prins en prinses gekroon, met Lourens Potgieter en Samantha Olwage wat as tweede prins en prinses aangewys is.
Mnr en Mej Fotogenies is Julio de Gouveia en Kajol Haniff, terwyl Mnr. en Mej Debutant Shaun Jacobs en Lara Lubbe is.
Alex Holt is Mnr. Persoonlikheid, en Lizna Steyn is Mej. Persoonlikheid.
Vanaand se kroningsaand was ‘n viering van elke finalis se uitsonderlike leierskap en kreatiwiteit, wat met selfvertroue op die verhoog gestraal het. Dit was weke waarin hierdie besondere leerders nie net meegeding het om die kroningstitels nie. Dit was veel meer.
Dit was weke waarin hard gewerk is om ‘n verskil te maak vir elke kind in die pediatriese saal by Parys Distrik Hospitaal. Danksy hierdie gemeenskapsgedrewe inisiatief word die hele pediatriese saal oorgedoen. – ‘n projek waarby hierdie kinders betrokke is.
Danksy borge se ondersteuning, ‘n gemeenskap wat bankvas agter hierdie leerders gestaan het, en elke kind se toewyding, is hierdie die begin van ‘n blywende nalatenskap.
‘n Pluimpie aan elkeen wat betrokke was by die uitstaande projek.





Die foto’s hieronder gee ‘n blik van die glansoomblikke op die loopplank.

















Kreatiwiteit kry vlerke met herwinbare materiaal
Een van vanjaar se hoogtepunte was die uitrustings van herwinbare materiaal wat die finaliste self moes prakseer met kreatiewe idees. Van Sixty60 en Woolworths sakke, tot advertensie strooibiljette en borrelplastiek is in stylvolle en kreatiewe skeppings verander.








