Best of Parys: Stemlyne sluit vandag
Met Best of Parys word erkenning gegee aan plaaslike sakelui wat uitstaan vir diens by uitnemendheid.

Onthou stemlyne vir vanjaar se Best of Parys-toekennings waarmee erkenning gegee word aan plaaslike sakelui, sluit vandag, 16 Augustus.
Wenners word uitsluitlik deur lesersstemme bepaal. Die besigheid in elke kategorie met die meeste stemme, is die kategorie-wenner. Slegs aanlyn stemme word aanvaar.

So werk die stemproses
- Jy kan in meer as een kategorie vir die besigheid van jou keuse stem.
- Jy kan daagliks stem terwyl stemlyne oop is.
- Slegs een stem per dag per IP-adres word vir elke subkategorie aanvaar. Hou in gedagte dat alle gebruikers op ‘n Wifi-netwerk dieselfde IP-adres het. Dit beteken dat al sou meer as een stem van ‘n IP-adres deurgaan, die stelsel outomaties slegs een stem per IP-adres per dag sal tel. Stemme word ook geverifieer om te verseker dat die stemproses regverdig en volgens die reëls sal geskied.
Stem nou vir die besighede in elke kategorie wat na jou mening uitstaan as dit kom by diens by uitnemendheid by https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-best-of-parys-2/
Hieronder is die skakels vir die onderskeie kategorieë wat jou direk na elke kategorie neem.
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-automotive-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-eat-drink-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-health-beauty-wellness-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-home-improvements-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-hospitality-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-retail-2
https://www.citizen.co.za/parys-gazette/2026-services-2



