Local newsNews
Borg vir klerk ná R244 000 se bedrog by skool
Die bedrog is tussen 2023 en 2024 gepleeg.
‘n Finansiële klerk wat op 10 aanklagte van bedrog tereg staan, het Vrydag 21 Augustus borg van R1 0000 in die Lehurutshe-landdroshof gekry.
Kebafilwe Sylvia Mokgosi (32), is deur lede van die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaadondersoek-eenheid, gebaseer in Mmabatho, in hegtenis geneem nadat ondersoek ingestel is na bewerings van wanbesteding van fondse by die Ramatu Hoërskool in Lehurutshe in die Noordwes-provinsie.

Volgens die ondersoek het Mokgosi na bewering tussen 2023 en 2024 meer as R244 000 uit die skool se bankrekeninge na haar persoonlike bankrekening oorgeplaas.
Mokgosi sal weer op 28 September voor die hof verskyn.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



