Local newsNews

Pastoor kry lewenslange vonnis vir verkragting van minderjarige

Die pastoor het haar telkens onder valse voorwendsels na die kerk ontbied.

’n 39-Jarige pastoor is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ’n minderjarige meisie in Bothaville. Die voorvalle spruit uit gebeure wat in November 2023 plaasgevind het.

Die hof het gehoor dat die slagoffer, wat destyds 14 jaar oud was, in Oktober 2023 ’n kerk in Bothaville besoek het om hulp vir ’n gesondheidsprobleem te kry. Sy het tydens dié besoek met die beskuldigde, wat ’n pastoor by die kerk was, gepraat.

Die volgende maand het die pastoor haar telefonies gekontak en voorgegee dat hy navraag doen oor haar gesondheid. Die meisie het hom meegedeel dat sy steeds pyn in haar voet ervaar.

Die beskuldigde het haar toe opdrag gegee om alleen kerk toe te kom. Met haar aankoms het hy haar na ’n vertrek geneem en vir haar water gegee om te drink. Nadat sy die water gedrink het, het sy gedisoriënteerd geraak en uiteindelik bewusteloos geraak.

Toe sy later in die middel van die nag wakker word, het sy na bewering kaal op ’n bed gelê en besef dat sy seksueel aangerand is.

Die beskuldigde het haar glo versoek om niemand van die voorval te vertel nie.

Volgens die polisie het hy haar daarna gereeld kerk toe ontbied, waar hy haar na bewering weer water gegee het om te drink voordat hy haar verkrag het.

Die saak is uiteindelik by die polisie aangemeld en ’n saak van verkragting is geregistreer.

Die ondersoek is aan adjudant-offisier Mandie Jacobs van die Welkom-eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS) toegewys.

Die pastoor is daarna in hegtenis geneem en van verkragting aangekla.

Hy is op 26 Augustus skuldig bevind en in die Bothaville Streekhof deur landdros Mahlatsi tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, het sersant Palesa Thabana gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button