Wat ’n gatslag!
Terwyl ons Saterdagoggend vroeg besig is met takies in die kombuis, hoor ek aanhoudend motors wat deur water ry naby ons huis, op die hoek van Kort- en Allenbystrate. By nadere ondersoek sien ek dat daar ʼn pyp gebars het en dat die water by die baksteentjies uitborrel en teen ʼn spoed oor Allenbystraat loop. Dit word oombliklik aan die munisipale dienste gerapporteer en hulle bevestig dat hulle bewus is van die lekkasie. Na ʼn rukkie kom die werkers van die munisipaliteit en hulle begin die krane toedraai en maak die brandkraan aan die oorkantste hoek oop.

Terwyl ons Saterdagoggend vroeg besig is met takies in die kombuis, hoor ek aanhoudend motors wat deur water ry naby ons huis, op die hoek van Kort- en Allenbystrate. By nadere ondersoek sien ek dat daar ʼn pyp gebars het en dat die water by die baksteentjies uitborrel en teen ʼn spoed oor Allenbystraat loop. Dit word oombliklik aan die munisipale dienste gerapporteer en hulle bevestig dat hulle bewus is van die lekkasie. Na ʼn rukkie kom die werkers van die munisipaliteit en hulle begin die krane toedraai en maak die brandkraan aan die oorkantste hoek oop. Steeds stroom die water onophoudelik oor die pad, maar hulle ry en kom nie weer terug nie. Ek is bewus van die groot gat wat onder die bakstene begin vorm en met die water- vloed is die gat nie sigbaar nie. Ek skakel met die DA raadslid, Saal de Jager, en hy sê dat hy bewus is van die probleem. Ek noem aan hom dat die werkers nie enige versperring aangebring het wat motoriste waarsku nie.
ʼn Paar minute later, kom ons goeie vriende, Hennie en Irene van der Merwe, so bleek soos twee spoke by ons agterdeur aan en Hennie vertel my dat hy op pad huis toe was en dat hy die waterlek gesien het en dadelik stadiger begin ry het. Ook maar gelukkig, want die volgende oomblik het die motor se voorwiele die gat getref wat deur die water verbloem was. Die motor se regter voorwiel het heeltemal in die gat geval en die voorste onderstel van die motor lê plat op die straat. Geen domkrag kan ingekry word nie. Al raad is bring die Isuzu en sleep die motor uit. Hennie sê hy sal later, wanneer hulle by die huis is, ondersoek instel wat die skade is. Ek sien hier kom ʼn ding en besluit om, as besorgde inwoner, van my dromme te neem om die gat te beveilig.
ʼn Buurman en ek bring elkeen ʼn blou drom en plaas een in die gat en een langsaan. Ons vertrou dat die motoriste dit betyds sal sien en kan uitswaai.
Daar was blykbaar ander probleme in die dorp en die span daag vyfuur die middag, met ‘n “Back Actor” op en grawe die sinkgat groter. Hulle vervang die ou asbes pyp, herstel die water toevoer en gooi die gat halfpad toe. Ons is dankbaar dat die waterlek op dieselfde dag herstel is, want soos almal weet, water is kosbaar. Daar is egter die moontlikheid dat die water die grond verder weggekalwe het as wat met die oog sigbaar is. Indien dit die geval is, is die moontlikheid bes moontlik daar vir verdere insakking.



