Parys Gazette, trotse mediaborg van die Parys Dome Festival het ook weer vanjaar 'n span op die water gehad vir die Dragon boot-kragmeting. Naas die mediaborgskap ondersteun Parys Gazette ook Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes met die borg van hul kosstalletjie vir die feesnaweek waarmee 'n bydrae gemaak word vir bejaardes wie nie instaat is om hul verblyf te kan betaal nie.
Agtien spanne het vanjaar gekompeteer by die Dragon boot kragmeting wat Sondag 8 November by die Parys Golf & Country Estate gehou is.
Crossperity wat ook verlede jaar se Korporatiewe wenners was, het weer met die louere weggestap.
Vanjaar het die span van Crossperity weer geseëvier in die Korporatiewe kategorie met Cairo Pirates in die tweede plek, Valtrac derde plek en Namgola vierde.
Die skole-wenspan – Fire & Ice.
Die skole kategorie is gewen deur Fire & Ice met Cherry Bombs tweede en Unknown derde. Heerlike sonskynweer het weer gesorg vir braaivleisvure en lekker kuier langs die Vaalrivier-oewer.
Parys Gazette, trotse mediaborg van die Parys Dome Festival het ook weer vanjaar ‘n span op die water gehad vir die Dragon boot-kragmeting. Naas die mediaborgskap ondersteun Parys Gazette ook Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes met die borg van hul kosstalletjie vir die feesnaweek waarmee ‘n bydrae gemaak word vir bejaardes wie nie instaat is om hul verblyf te kan betaal nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.