Sport

Noordwes Rolbal se ligas staan einde se kant toe

Noordwes Rolbal se ligas staan einde se kant toe

Na die vierde ronde van die Noordwes Rolballigas, is die Potchefstroom-robalklub se mans en vroue Premier ligaspanne die voorlopers – die mans sowel as die vrouespan wat die eerste plek met die span van die Buiteklub (PCC) deel. Die mansspan het ‘n voorsprong van vier punte bo  Parys.

Die vroue spanne wat mekaar so opdreun is Corrie Breitenbach, Rose du Plessis, Serlina Venter en Jean du Toit van Potchefstroom klub en Cathy Stewart, Baby Mojanaga, Charmaigne Goodman en Leatitia Oosthuizen van PCC.

Die mansspan is Pierre Breitenbach, Gerrit J van Rensburg, William Minne en Smittie Smit. Hulle speel om die span van Parys, bestaande uit Rudi Jacobs, George Lotter, Henk Prinsloo en Jaco Nel van die titel af weg te hou.

Albei Premier liga-kompetisies word op 29 Februarie by die Klerksdorp-rolbalklub afgehandel

Die vroue Eerste liga stuur af op ‘n tweestryd om die titel tussen PCC 3 – die voorlopers in Seksie 1, en Parys wat voorloop in Seksie 2. PCC 2 is net ‘n kortkop agter Parys in die seksie. Die seksiewenners spook sake uit op 29 Februarie by Potchefstroom-klub.

In die Mans Eerste liga gaan die balle nog klap voor die wenner op 1 Maart by PCC gekroon word. Tans is Klerksdorp 1 en Lafarge saam voor in Seksie 1, Klerksdorp 5 is net ‘n halfpunt voor La Farge in Seksie 2, PCC 1 loop gemaklik voor in Seksie 3 en PCC 2 loop voor in Seksie 4 met Orkney wat in hulle nekke blaas. Die halfeinstryde is tussen die wenners van 1 en 3 en 2 en 4  op 29 Februarie met die finaal die volgende dag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button