Parys-rolbalklub sit Noordwes-ligas op hoë noot in
Deur Piet de Jager In ‘n baie besige naweek vir die Parys-rolbalklub het die klub se drie spanne in die Noordwes rolbaligas uitstekend begin. Die vroue Premierliga span wat bestaan uit Magdel O”Donoghue, Marie Uys, Stienie Browne, Lazuya Serfontein en Toets van der Westhuizen, het behoorlik klaargespeel met La Farge en loop met hulle voltal …

Deur Piet de Jager
In ‘n baie besige naweek vir die Parys-rolbalklub het die klub se drie spanne in die Noordwes rolbaligas uitstekend begin.
Die vroue Premierliga span wat bestaan uit Magdel O”Donoghue, Marie Uys, Stienie Browne, Lazuya Serfontein en Toets van der Westhuizen, het behoorlik klaargespeel met La Farge en loop met hulle voltal (10 punte) voor in die liga.
Klerksdorp se vrouespan lê tweede met 7 punte.
Die twee voorloperspanne pak mekaar Saterdag by die Potchefstroom Buiteklub (PCC) in die tweede ronde.
Die mans Premierliga span het ook gewen, en wel teen Fochville, maar hulle kon net nege ligapunte behaal, maar loop ook voor – een punt voor Strathvaal (8).
Die span wat bestaan uit Rudi Jacobs, George Lotter, Henk Prinsloo, Jaco Nel en Dries de Jager, speel Saterdag by Potch Dorp teen Klerkdorp 2 wat ook in die Premierliga speel.